Vervaardig deur WA Services

Een, Twee en Drie toring spilpunt

 
Die Senter Konstruksie

Die senter konstruksie is 'n vertikale pyp wat met 'n gou - koppel metode pas in 'n koppelstuk wat in die grond gegiet is. Dit koppel en ontkoppel vanself wanneer die trekker se optel arms gelig of laat sak word. Dit is die doeltreffendste, eenvoudigste koppelings metode wat bestaan.

 

Die Elektriese Stelsel

Die elektriese stelsel is deur WA Services vervaardig. Dit is 'n baie eenvoudige stelsel. Die een toring benodig slegs 'n 4 koord draad en die twee toring het 'n 7 koord draad nodig.

 

Aandrywingstelsel

Die foto bo wys die aandrywingstelsel van die een toring spilpunt. Die spilpunt het 2 standaard wielratkaste met 13.6 x 24 spilpuntwiele. Die ander ratkas is ook 'n standaard ratkas met 'n 30:1 verhouding wat met 'n kruiskoppeling gekoppel is aan die wateraandrywing. Die wiele kan maklik geswaai word deur net 2 penne van die aandryf - asse en die van die wiel van die wielratkas uit te trek.Verwyder die aandrywingspen op die wielratkaste. Die wiele word geswaai , 2 penne word teruggeplaas en dan is die spilpunt gereed om getou te word.

Aanwending en grootte

Die een toring kan maklik op vier sirkels aangewend word waarvan elke sirkel +/- 3.5 ha behels. Die twee toring kan op 3 sirkels aangwend word en elke sirkel benat +/- 8.4 ha. Die wateraangedrewe spilpunt se spoed kan nie gestel word nie, maar dit kan wel van rigting verander. Die omwentelings tyd is +/- 12 uur per sirkel. Die toediening wissel na gelang van die hoeveelheid sirkels wat benat gaan word, maar in die geval van vier sirkels is die toekiening +/- 12 - 15 mm per sirkel met 'n vloei van 32m/uur of 7000 gal/uur met 'n inlaat druk van 2.5 bar.

Die elektriese spilpunt se spoed kan gestel word net soos die groter spilpunte en ook rigting verander. Die spilpunt kan ook deur middel van 'n druk skakelaar aangeskakel word. Alle gewasse word met groot sukses onder die spilpunt verbou. Die spilpunt het 'n gewas vry hoogte van twee meter.

Pryse en groottes

Een toring spilpunt

  • 3.5 Ha oppervlakte
  • 2 meter gewas vrye hoogte
  • Maklik verskuifbaar
  • 24" Wiele
  • Standaard ( Wielratkaste, aandrywing en motors)
  • 1 x 58.8 meter Toring + 24 meter Oorhang + 20 meter End Spuit
  • 6" Oorhoofse pyp
  • ± 3 Sirkels kan besproei word ( Afhangende die tipes gewas wat geplant gaan word.
  • Sluit 2 koppelpunte in.
  • Oprigting koste is R 1500.00
  • Aflewering ingesluit.
  • 15 - 80 m3 water kan gebruik word. ( Bepaling is aantal sirkels )

Twee toring spilpunt

  • 8.4 Ha oppervlakte
  • 2 meter gewas vrye hoogte
  • Maklik verskuifbaar
  • 24" Wiele
  • Standaard ( Wielratkaste, aandrywing en motors)
  • 2 x 58.8 meter Toring + 24 meter Oorhang + 20 meter End Spuit
  • 6" Oorhoofse pyp
  • ± 3 Sirkels kan besproei word ( Afhangende die tipes gewas wat geplant gaan word.
  • Sluit 2 koppelpunte in.
  • Oprigting koste is R 2500.00
  • Aflewering ingesluit.
  • 15 - 80 m3 water kan gebruik word. ( Bepaling is aantal sirkels )

Drie toring spilpunt

  • 13 Ha oppervlakte
  • 2 meter gewas vrye hoogte
  • Maklik verskuifbaar
  • 24" Wiele
  • Standaard ( Wielratkaste, aandrywing en motors)
  • 3 x 58.8 meter Toring + 24 meter Oorhang + 20 meter End Spuit
  • 6" Oorhoofse pyp
  • ± 3 Sirkels kan besproei word ( Afhangende die tipes gewas wat geplant gaan word.
  • Sluit 2 koppelpunte in.
  • Oprigting koste is R 3500.00
  • Aflewering ingesluit.
  • 15 - 80 m3 water kan gebruik word. ( Bepaling is aantal sirkels )

 

 

Products
Services