Standaard Spilpunte / Standard Pivots
Senter konstruksie / Centre Constructions
Die senter konstruksie is baie stewig en kan vir stabiele of sleepmodelle gebruik word. Die totale konstruksie is gegalvaniseer vir'n langer lewe.
Ons beskik oor 'n verskeidenheid van senters wat bestaan uit die 4 been senter, nie sleep asook die 4 been sleë sleep (verskuifbaar). Spilpunte met 4 torings en meer met 'n gewasvry hoogte van 3 meter is slegs verskuifbaar op seisoen basis.
Die drie wiel senter is ontwerp om op 'n gereelde basis te verskuif binne seisoen gewasvry hoogte van 3 meter en vir torings van 4 torings en meer.
Die hoof kontrolepaneel
Ons gebruik ook 'n plaaslik vervaardigde sisteem wat tans deur al die plaaslike spilpuntvervaardigers gebruik word. Dit is 'n hoogs betroubare sisteem.
Die volgende funksies kan by die sisteem gevoeg word, naamlik: "Auto Stop", "Auto Forward/Reverse", Lae temp, lae druk asook 'n drukskakelaareenheid.
Toringkaste
Die kas bestaan uit twee mikroskakelaars en 'n kontaktor wat die motor aan- of afskakel. Die een mikroskakelaar is deel van die veiligheidskring om die masjien te beskerm.
Veelsydige buigbare koppeling
Die Kimberley spilpunt is toegerus met 'n koppeling wat op en af en vorentoe en agteruit bewegings akkommodeer. Die koppeling maak ook swaaibewegings moontlik. Hierdie eienskappe dra by tot gebruik daarvan oor oneweredige terrein en ook teen hellings van tot 30%. Die koppeling is ook ontwerp om, indien nodig, die eenheid makilik teen lae koste te vervang.
Wielratkas
Beskik oor 'n veelsydige monteringspatroon om alle tipes spilpunte te pas. Hoë verskerkte gietyster endstukke wat gebout word. Hoë versterkte staalwurm rat- en leweingsas. Daar word slegs van 'n nie-sleepratkas gebruik gemaak wat 'n dubbel aandrywingsas het. Vir sleepmodelle word 'n toukoppeling aan die ratkas gemonteer. Dit sluit 'n klomp onnodige onderdele uit asook verskillende ratkaste vir sleep en nie-sleep toerusting.
Krag beparende ratkas/motor
Die motor maak dit moontlik om 'n kleiner opwekker of dunner elektriese kabel te gebruik. Die motor het 'n doeltreffendheid van 95% in vergelyking met die standaard wurmratkaste wat slegs 50 % doeltreffend is. Die vereiste ampere benodig is 1.6 tot 2.3. Hitte beskermd, outomaties heraanskakeling, unieke interne uitsettingskamer.
Toevoer van 460V 60Hz of 380V 50 Hz
Kraglewering 0.75 tot 1.5 perdekrag
Verhoudings 40:1; 30:1
Swaardiens kruiskoppeling
Die koppeling is vervaardig vir maksimum sterkte. 'n Eenvoudige kontruksie wat lae vervaardigingskoste en lae onderhoud vereis.
Strukturele stabiliteit
Die toringstange is ontwerp om spanning te absorbeer en ondersteuning aan die pyplyn te verleen. Die stange, ontwerp en vervaardiging deur WA Services, verskil ten opsigte van die normale gebruik deurdat die hegpunte gegleuf word en die stange aan al vier kante vasgesweis word. Hierdeur word maksimum sterkte bereik. Ten tye van die ontwerp en ontwikkeling is daar bereken dat die middelpunt gravitasiekrag, tesame met die lang wielbasis van 4,305 meter en deur gebruik te maak van 127mm, 152mm, 165mm of 220mm pyplyne, maksimum stabiliteit aan die eenheid verleen. Spesiale trekker-tipe bande wat ontwerp is om maksimum loopvlak te verkry en standvastigheid sonder diep spore te verseker, word gebruik. Die rubber wat vir die bande gebruik word, is ook aangepas om weerstand teen die ergste weersomstandighede te bied. Vier- en seslaag bande is verkrygbaar in die volgende groottes: 13.6 x 24; 14.9 x 24 en 16.9 x 24.
Galvanisering
Die galvanisering verskil van normale bedekking en verf in die sin dat dit die materiaal penetreer en 'n allooilaag vorm. Deurdat die komponent gedoop word, vind bedekking en penetrering van binne sowel as buite plaas. Waar normale bedekking kan afskilfer of nagevolge kan hê as gevolg van krap- of skuurmerke, verseker galvanisering gewis 'n langer lewensduur.
Groottes en hoogtes
Sleep/ nie- sleep (pyp groottes) 127 152 165 220
Toringlengtes 39.6 / 46 / 52.4 39.6 / 46 / 52.4 / 58.8 39.6 / 46 / 52.4 / 58.8 39.6 m
Gewas vry hoogte 3.2 m 3.2m 3.2m 3.2m
Band groottes 13.6 x 24 13.6 x 24 13.6 x 24 13.6 x 24
Wiel ratkas UNC 725U UNC 725U UNC 725U UNC725U
Motors 0.75kw 40:1 0.75kw 40:1 0.75kw 40:1 0.75kw 40:1
Pyse navrae
Vir 'n Kwotasie op groot spilpunte kan u ons soos volg kontak:
Herman Wessels
Sel: 083 259 7942
Email: herman@kimberleyspilpunt.za.net
Manie Wessels
Sel: 083 288 9827
Email: manie@kimberleyspilpunt.za.net |